BannerFans.com

Sunday, October 11, 2009

Ons Laaste paar dae in SA

Dit is seker 'n tyd wat my die res van my lewe sal by bly.

Moeg, maar tevrede, is ons terug na die gastehuis en ons het net daardie dag, toe die meubels na die store van Stuttafords Van Lines geneem is, in die woonstel rond gele. En ek bedoel le.

Bietjie gelees en geslaap en oor alles gesels - nabetragting gehou.

Ek dink dit was die belangrikste tyd vir ons geestelike voorbereiding. Ons het werklik oor alles gesels. Ons het weer oor alles gegaan van waarom ons New Zealand toe wil gaan. Wat ons verwagting is en wat ons dink ons te wagte kan wees.
Ek en Lourens het baie nugter hieroor gedink, en as jy dit dalk oorweeg, moet jy hierdie faktore ook in gedagte hou.

Ons het uit ons land beweeg na 'n totaal vreemde land. Ons het die feit bespreek dat ons dalk nie eens hier welkom mag wees nie, deur die feit dat die Chinese en ander eiland bewoners in hul hordes na NZ emmigreer. New Zealand is 'n klein landjie, en kan ook net soveel mense hanteer.

Hulle het al reeds hul algemene werk deure toe gemaak omdat hul eie mense die werk kan doen. Slegs onderwysers, verpleegsters en ambagsmanne kan nou nog in kom. Die "semi-skilled workers" word ook nie meer toegelaat nie.

Ons het besef dat alles anders gaan wees en het ons self voorberei vir enigiets. Ons het net op die Here vertrou. Dis een ding, jy kan nie immigreer en Hom in SA los nie.

Terug na ons laaste dae ...

Lourens het besluit dat hy graag iets baie spesiaals vir my wil doen.










My man het vir ons 'n heerlike ete voorberei, vir my die heerlikste lekker ruik goed vir bad gekoop en selfs my bad voorberei met roosblare op die water en kerse as g.

Ek het daardie bad so geniet. Na bad het die heerlikste ete vir my gewag. Dit was 'n aand om te onthou.


Die volgende oggend was dit koud en ons moes pak. Ons laaste dag op Kleinfontein is verby - vir altyd verby. Nou is ons op pad Witbank toe om ons ma's te gaan groet.



Ek en my ma Lourens en sy ma
Groet tyd vir die res van die familie en toe weer terug Pretoria toe. Lourens het 'n "laaste" geskenk van sy werk gekry.
Ons kon by Kievits Kroon Country Estate & Spa gaan oornag.



'n Heerlike aand ete, ontbyt en toe op pad lughawe toe. Maar ons het darm 'n paar ure oor gehad en kon dit saam met ons vriende deur bring voor ons vir Maritza en Stefaans ontmoet. Hulle het ons lughawe toe gevat.
Ons laaste paar ure in SA.

Ons het ons vriende, AP, Amanda en Eugene Basson gaan groet. Dit was nie lekker nie, maar wat 'n voorreg was dit nie om hierdie mense in ons lewens te kon gehad het nie.

Die laaste paar ure saam met Maritza en Stefaans was lekker. Maar geen afskeid is lekker as die oomblik aan breek nie. Ek het my voorgeneem om nie te huil nie, maar ek kon nie daardie voorneme hou nie.
Ons is in die vliegtuig en op pad na ons nuwe land. Nuwe ondervindinge, nuwe uitdagings, nuwe vriende, 'n totaal nuwe lewe.
Weg van die bekende, die onbekende in. Ons was nog nooit voorheen in New Zealand nie, maar dit maak ook nie saak nie. Ons gaan met 'n doel en ons volg ons droom.
Ons doel?
Om Woord in Aksie in New Zealand te kom plant.
Ons Droom?
Om 'n nuwe lewe te kon begin, ver verwyderd van die misdaad, moord en doodslag, die onregverdigheid teen blankes, diskrimenasie ....
I Have A Dream
My Dream Allows Me To ...
  1. Give up at any moment all that I am in order to receive all that I can become.
  2. Sense the invisible so I can do the impossible through Jesus Crist.
  3. Trust God's resources since the dream is bigger than all my abilities and acquaintances.
  4. Continue when discouraged, for where there is no faith in the future, there is no power in the present.
  5. Attract winners, because big dreams draw big people.
  6. See my people and myself in the future. Our dream is the promise of what we shall one day be.

Yes, I have a dream.

It is greater than any of my gifts.

It is as large as the world, but it begins with One.

Won't you join me?

No comments: