BannerFans.com

Thursday, October 8, 2009

Die Geestelike voorbereiding

Ek dink dit is baie belangrik om jouself geestelik voor te berei vir jou migrasie na enige land.

Daar is baie faktore wat in ag geneem moet word. Wanneer jy jou werkspermit het, moet jy weet dat jy onder geen omstandighede vir ten minste 2 jaar, of tot jy jou permanenet verblyf permit gekry het, die land sal kan uit gaan nie.

Dit beteken dat jy na niemand se troue, of begrafnis, of wat ook al, kan gaan terwyl jy net 'n visa/werkspermit het nie. Anders moet jy die hele proses weer van vooraf doen, en dit is nogals naels kou.

Hoe het ons ons self voorberei?

Elke Saterdag aand het ons van uit die lug, in New Zealand gaan kuier. Google Earth is seker een van die mees fantastiese gereedskap stukke op die Internet vir so iets. Ons het onder by die Suid Eiland begin, elke dorpie deur gegaan, na die foto's gekyk wat daar is, en Lourens het na voertuie op TradeMe gekyk. Dit is soos Ebay maar net vir New Zealand. En die heel belangrikste is dat ons met mekaar gepraat het.

Ons het selfs na die huise gekyk om 'n idee te kon vorm van hoe die huise hier lyk. Dit was 'n goeie ding, want dit was nie vir ons 'n skok toe ons hier kom en vind dat dit heel anders as in SA lyk nie. Huise is nie groot nie, en almal is van hout gebou.

Kyk, die Kiwi's ken nie van kaste maak nie. Die huise het net hang plek vir jou klere, maar daar is geen rakke nie. Kombuise het nie veel pak plek nie. Vir die Kiwi's maak huise nie veel saak nie. Dis net 'n plek waar jy eet en slaap. Die buitelewe is meer van belang. Hulle het geen pretensies nie en ... wel, ek kan dit maar noem, hulle weet nie regtig veel van huis skoonmaak nie.

Het ons onsekerheid beleef?

Ja, ons het. Dit was waarom ons verlede jaar die verkoop van die hoewe onttrek het (6 maande). Lourens was bang vir die vreemde. Ons het nie van 'n agent gebruik gemaak nie, want dit sou te duur kos en die ekonomie het begin duik.

Ons het gaan sit en alles baie mooi bespreek. Ons het met mense in New Zealand kontak gemaak om goed uit te vind. Baie het ons eerlik geantwoord en ander was weer vaag.

Ons moes honderd persent seker wees dat ons al twee WIL kom. My pa se gesondheid was nie goed nie. Hy het Alzeimer se siekte gehad en Lourens het dit baie duidelik aan my gestel dat as pa iets oor kom, ek nie sal kan terug kom nie, al het ons nog nie ons werkspermitte nie. Die Vader was ons genadig hier - hoe hard dit ook al mag klink - want my pa is op 19 Desember 2009 oorlede.

Ek moet my ma agter laat. My dogter. Ek dink die feit dat ons vir baie jare sonder ons kinders naby ons moes klaar kom, het die besluit maklikker gemaak. Ons sien mekaar op skype en dit kan net voort gesit word.

Die ander faktor wat ons bespreek het is die feit dat ons vir byna 29 jaar net plaas lewe gewoond was en dat ons albei moet besef dat ons nou in 'n dorp, tussen ander mense gaan bly. Ons gaan in 'n huis bly wat nie ons eie is nie.

Ons moes besluit of ons nog gaan vas byt tot die eindomsmark verbeter of wat. Dit het baie kniee werk van ons geverg.

In my hart het ek al in New Zealand gewoon. Ek het foto's uit gedruk van uitsigte oor die see en gereeld daarna gekyk. Youtube het ook baie videos gebied waarna ons gekyk het.

Ek dink die grootste ooreenkoms tussen my en Lourens was die besluit dat die een nie die ander een gaan verwyt wanneer dit swaar mag gaan in die vreemde land nie. Ons het 'n besluit geneem om deur dik en dun in ons huwelik bymekaar te staan, en ons het geweet dat die grootste toets voorle. Ons kon 'n vorige groot toets deurstaan, en ons behoort die een ook te kan deurstaan.

Glo my, dit was nodig, want daar kom tye wat jy wonder of jy die regt besluit geneem het.

Hier is baie kulture in New Zealand, maar dit behoort nie vir Suid Afrikaners 'n probleem te wees nie. In teen deel, dit is maklikker hier as in SA. Ek is bereid om jou persoonlik daarvan te vertel. Dit is iets wat ek nie hier gaan noem nie.

As jy kinders op skool het, is daar baie ander faktore wat in ag geneem moet word. Julle as gesing moet saam sit en alles met die kinders bespreek. Julle sal dit op 'n gereelde grondslag moet doen om die kinders ook voor te berei. Dit is moeilik om die bekende agter te laat, maar alles gaan oor jou ingesteldheid en houding. As jy negatief dink, gaan alles negatief wees. Hier is ook probleme en drama, maar dit verskil van wat ons in Suid-Afrika gewoond was.

Moenie dink jy kan jou Bybel in Suid Afrika los nie. Boeta, Sussa, jy gaan dit nodig he. Julle sal moet saam bid en julle hele gedagte oor Suid Afrika moet verander. Jy moet weet dat as jy hierheen kom, dit jou nuwe vaderland gaan wees. Jy gaan 'n vreemdeling in 'n ander land word en jy gaan nie meer dieselfde regte he as wat jy in jou eie land gehad het nie. Jy moet maak soos hulle jou se om te maak.

Hier is baie meer wet en orde en baie moets en moenies. Suid Afrika het 'n slap houding heens hierdie dinge ontwikkel en dit is so jammer dat baie van ons mense wat hier heen kom, nie daardie houding ater gelaat het nie.

Die mense hier is nie agresief nie, en dit is party keer 'n groot verleentheid om te hoor en sien hoe baie van ons Suid Afrikaanse mans dink hulle moet nog steeds "veg". Hulle gooi behoorlik hul speelgoed uit hul kot uit.

Dit is ook deel van die verandering, maar 'n mens moet jou humeur in elk geval beteul. Of jy nou in 'n vreemde land of in jou eie land is.

Jy moet weet dat hier nie alles is wat ons in SA gewoond is nie. Die kultuur is anders en ons moet nie ander mense verag oor wat hulle doen nie. Weereens, jou ingesteldheid heens ander kulture moet reg wees. Jou Anker in God moet stewig wees, want anders sal jy nie oorleef nie. Nie in New Zealand of in enige ander land nie.

Geestelike voorbereiding word ook nie oornag gedoen nie. As jy vandag besluit jy wil New Zealand toe kom, dan moet jy begin werk aan jou eie gedagte. Jy moet afskeid neem van wat jy aan gewoond was en vir jouself se dat jy nie kan om draai nie. Dat jy nie wil omdraai nie.

Jy moet jou redes, om te wil immigreer, neerskryf. Jy moet jou gevoelens neerskryf en jy moet al hierdie dinge ten minste een keer per week deur lees. Jy moet jou kinders ook aanmoedig om dit te doen en ten minste een keer 'n week 'n immigrasie huis vergadering uit roep waar julle hierdie dinge kan bespreek.

Skryf jou vrese neer, jou hoop, jou verwagting.

Skryf jou beplanning neer van wat afgehandel moet word in SA.

Ek is besig om 'n DVD saam te stel vir mense wat sou belang stel om na New Zealand te wil immigreer. Hou gerus my blog dop om te sien wanneer dit beskikbaar gaan wees en sodra ek my eksamen afgehandel het om as immigrasie raadgewer op te tree, sal ek dit ook noem.

Vir ons was dit beste ding wat ons nog ooit in ons lewens kon doen. Ek wil nooit weer terug gaan SA toe nie. Nie eens om daar te gaan kuier nie, want ek weet nie of ooit weer die swak verkeer, die ongeskiktheid van padgebruikers en ... ooit weer wil hanteer nie. Wetteloosheid is hier nie aan die orde van die dag nie, en jy moet weet dat jy toestemming vir enigiets moet kry wat jy wil doen.
Hier is nie bediendes nie. Jy moet alles self doen.

Hier is nie tuis nywerhede nie, en as jy hier woon, sal jy verstaan waarom.

As jy van wette, reels en regulasies hou, as jy van orde hou, dan is New Zealand die aangewese plek om te kom woon.

Ek hoop dat hierdie laaste sin van my my familie en vriende sal laat verstaan waarom ons die besluit geneem het wat ons geneem het. Daar is baie wat ons vir verraad beskuldig het. Ons vergewe hulle want hulle weet nie van beter nie. En ek dink hulle is te bang (meskien jaloers) om so 'n groot stap in hul lewens te neem.

Ek en Lourens is nie meer 20 nie, en dankie tog daarvoor. Hulle se dat ou bome nie maklik verplant kan word nie, maar dit kan. As jou ingesteldheid reg is en alles reg hanteer word, kan dit.

Meskien is dit nog te gou vir ons om dit te se, maar as ek so na ander luister wat langer as ons hier is, (10 maande) dan besef ek hoe belangrik jou ingesteldheid moet wees om hierdie groot stap in jou lewe te kan doen. As ek geweet het wat ek vandag weet, het ek dit al meer as 10 jaar gelede gedoen.

No comments: