BannerFans.com

Tuesday, October 6, 2009

Ons Laaste Dae in Suid-Afrika



Hoe het ons alles in so 'n kort rukkie gedoen?


Dit was harde werk. Ons is vertel dat alles gestoomskoonmaak moet wees want hulle is baie streng by doane in New Zealand. Ons moes ook uit sorteer wat ons wil saam vat en wat ons gaan laat agter bly. Dit was die moeilikste deel, maar ons is daar deur.
Ek het besef dat ek regtig baie onnodige goed bymekaar gemaak het. Om alles te kroon was daar nog van die kinders se goed ook nog by ons. Maritza het Oktober maand, na meer as 5 jaar in London, terug gekom Suid Afrika toe. Die gedagte was nie lekker om my kind nou daar te los nie, maar ek weet sy gaan later by ons kom aansluit en ek hoop en bid net dat dit gou sal wees. Ons moes toestemming by die ander 2 kinders kry oor wat met hul goed gebeur wat nog by ons is.
Mense, dit was 'n hoop gemors. Ek het skoon skaam gekry vir myself hieroor. Maar ons het deur geworstel. Want sien, die houervrag houer is net 6m lank en ons kan dit nie bekostig om 'n groter houer te huur nie.










Verder is ons gewaarsku oor moontlike kewers, grond en sade. Niks mag New Zealand in kom nie, en nou dat ons hier is, verstaan ons dit baie goed.

Die groot werk het nou eers begin!
Lourens het alle hout artikels geskuur en vernis. Ou meubels lyk nou soos spik splinter nuwe goed. Dit was stof en stof en nogmaals stof. Ek het Lourens so jammer gekry, want hy het die 16e April klaar gemaak by sy werk, en het dus net 2 weke gehad om al hierdie werk te doen.
Ek het alles gewas en stoom skoon gemaak. Daar was 'n kombers wat knapse kerels tussen die vesels gehad het en ek het nie tyd gehad om dit ook nog skoon te maak nie. Dus moes die kombers 'n nuwe tuiste vind.
Stuttafords van Lines het die opmetings van die meubels kom maak en ons is mee gedeel dat dit nog steeds te veel is. Liewe land, ek het reeds van so 'n klomp goed ontslae geraak. Ek gaan beslis nie van my oudhede onstlae raak nie! Veral nie nou dat dit byna soos nuwe goed lyk nie. Dus moes ek en Lourens 'n besluit neem wat moet gaan en wat moet bly. Ons het kassies en ander goed begin uit deel. Daar is nie nou nog tyd om te wil wag tot iemand dit kan kom koop nie.

Ons het in geboek by Waterbok Gastehuis by Kleinfontein vir die laaste 4 dae terwyl hulle besig was om die meubels te pak. Ons het van Stuttafords Van Lines gebruik gemaak. Hulle was die goedkoopste en hier kan jy sien hoe hulle elke ding verpak het. Ons was baie in ons skik met die manier van verpakking. Ons kan hulle met 'n groot gerustheid aan beveel. Hulle het uit hul pad gegaan om ons goed te verpak en alles volgens ons behoeftes te doen. Selfs bereid gewees om die krat oop te maak sodat ek 'n ekstra toebehore kon in laai vir my Kenwood Cheff.


Hoekom? Ons kon dit mos maar in New Zealand gaan koop het?
Ons het baie navorsing gedoen, en dit is juis die rede waarom ons die nuwe toehore gaan koop het. My man het vir my 'n Kenwood Chef Titanium vir Kersfees gekoop en dit is nog slegs in Engeland en Suid-Afrika beskikbaar. Als wat ek ekstra wil he wanneer ek reeds in New Zealand is, sal ek van Engeland af moet invoer.
Ek dwaal nou so bietjie van die punt af. Kom ons beweeg terug na die verpakking van ons meubels.
Alles is in bobbel plastiek, met 'n dik bruin papier laag aan die buitekant, verpak. Beddens, matrasse, alles. Van die goed, soos my "home gym" is gekrat, asook Lourens se krag opwekker. Ons het niks gepak nie, en nou kan jy verstaan waarom ons sulke groot werk gehad het. Ons moes alles uit pak en op hul plek gehad het sodat Stuttafords Van Lines alles self kan pak. Ons mag niks self gepak het nie, want dit sou 'n invloed op versekering he.

'n Span van 5 werkers is uit gestuur en hulle het 3 dae geneem om pak. Die derde dag is 'n groter span uit gestuur om die vragmotor te kon laai.

Dit was 'n hartseer, maar tog ook 'n vreugdevolle oomblik toe die vragmotor met ons besittings van Kleinfontein weg ry.

'n Groot droom was besig om in wording te kom, en die werklike besef het nou eers werklik tot ons deur gedring. Ons het stil geraak voor God en Hom hiervoor gedank.

Lourens en ek is deur ons gemeente lede met 'n seen uit gestuur. 'n Brandende begeerte om Woord in Aksie in New Zealand te kon gaan plant. Dit is ons passie en daarom is ons bereid om hierdie pad te stap. 'n Vreemde pad na 'n vreemde land.

Om al hierdie dinge te kon doen verg geestelike voorbereiding. Niemand kan werklik hul eie land verlaat sonder om baie nou in kontak met ons hemelse Vader te bly nie, want net Hy kan ons deur alles neem.

Het die gedagte van: "Doen ons die regte ding?" by ons op gekom?

Natuurlik. Ons het, in die tye wat ons rustiger kon raak nadat die meubels afgehandel is, vir mekaar gese dat wanneer dinge in New Zealand nie maklik gaan nie, ons nie mekaar daaroor gaan verwyt nie, want dit is 'n besluit wat ons saam geneem het.

Elkeen gaan dinge anders ervaar en ons het mekaar beloof om bymekaar te staan, maak nie saak wat gebeur nie.

Hieroor gesels ek 'n volgende keer

1 comment:

Unknown said...

Moet se baie baie intresant wat hier volg