BannerFans.com

Friday, October 23, 2009

Ons Eerste paar dae

(harbor bridge - Auckland)

Vreemd, maar ons het dit van die begin af hanteer asof ons na 'n nuwe dorp of stad toe getrek het. As ons dit in Suid Afrika gedoen het, sou ons net so "vreemd" gevoel het.

Daar is seker maar mense wat my kwalik gaan neem oor wat ek nou gaan se, maar dit is die waarheid, en ek sal oneerlik teenoor myself wees as ek dit ontken. Die aand wat ons voete New Zealand grond gevoel het, het ek gevoel asof ek "huistoe" gekom het. Ek het gevoel dat ek hier hoort. Lourens het ook so gevoel.


Ons het die eerste dag maar rustig gevat om eers bietjie uit te rus. Dit het gereen en daar was geen teken van son nie. Dit het ook baie later lig geword as waaraan ons in SA gewoond was.


Met net 'n kamer, 'n deel kombuis en bad geriewe, het ons ons self tuis gemaak agter die rekenaars, 'n middag russie geneem wat ons meer as 'n uur in diep slaap gedompel het en die aand TV gekyk. Ons het gekyk wat New Zealand ons kan bied.


Dit was naweek en ons het besluit om dit rustig te vat. Sondag oggend het Suzette van Staden, 'n besigheidsvriendin van my wat 3 jaar gelede na New Zealand ge-immigreer het, ons kom oplaai vir kerk. Alles in Engels, maar groot was ons verrassing toe ons ontdek dat 40% van City Impact Church se lidmate Suid Afrikaners is. Ons is gul ontvang deur almal, en ek bedoel almal.


Die Kiwies het feitlik uit hul pad gegaan om ons tuis te laat voel. Dit het nog nooit gebeur dat Suid Afrikaners skaars geland het en dan kerk toe gaan nie. Gewoonte? Nee, ons het 'n behoefte gehad en ons wou gaan dankie se. Ons droom is bewaarheid.


(Tong in die kies) - Marietjie het haar en Lourens tot in New Zealand ....


Kom ons los dit maar ne.


Dit het gesous - sonder swaar weer, maar dit was die wonderlikste gevoel. 'n Vol gepakte kerk en ons kon met oorgawe dankie se. Na kerk is ons omring deur Suid Afrikaners.


Bekendes?


Ja, Hestrie en Jurie Els, dis 2 mense wat almal mos ken.


Heerlik geeet by Suzette en Deon van Staden, terug huistoe en Maandag het die werk begin.


Die ontnugtering


Maandag oggend het Lourens sy "agent" gaan spreek wat ter selfdertyd ons gasheer by die gastehuis was. Hy het Lourens beloof dat daar ten minste 6 onderhoude op hom wag wanneer ons hier aan kom. Daar was niks. Hy het net sy skouers op getrek en gese dat hy nie meer ambagsmanne plaas nie, maar verpleegsters en hy moet maar self werk begin soek.


Kiwi? Nee, ook 'n X-Suid Afrikaner, maar dit het ons nie laat voel dat ons ons goed wil op pak en terug gaan Suid Afrika toe nie. Dit het net 'n baie groter uitdaging aan ons gestel wat ons met geloof aangepak het.



No comments: