BannerFans.com

Wednesday, October 28, 2009

Berig uit New Zealand

Die mense se harte is oop.

Ek kan nie anders as om nou eers 'n bietjie van die verhaal af te wyk nie. Ek moet eers vertel van 'n berig wat op TV was en wat my aan die hart geruk het.

Twee Duitse studente het hier 'n Camper Van gekoop om deur New Zealand te kan toer. Die twee dametjies het feitlik al hul geld gebruik om die bussie te koop. Gepak en gereed om die volgende oggend te kan vertrek, het hulle rustig gaan slaap en die volgende oggend met 'n skok verneem dat hul camper van gesteel is.

Dit sou beteken dat hulle hul vakansie moet kort knip en terug gaan Duitsland toe. Hier het ek besef hoe goed die mense se harte is. Een dame het hulle $3 000 gegee om hul vakansie voort te sit en TVNZ is oorval met eposse waar mense hul camper vans tot die twee se beskikking stel, sodat hulle kan vakansie hou. Een persoon het aangebied dat hulle gratis in sy woonwa park kan
kom staan vir 'n hele week.

'n Firma wat camper vans vervaardig, het 'n nuwe campervan tot hul beskikking gestel, wat hulle met graagte aangeneem het. Dit is baie luuks, en die twee studente is besig om heerlik in New Zealand vakansie te hou.

'n Ander verhaal is die van 'n 2 jarige dogtertjie wat in 'n stormwater pyp beland het en 4 dae later dood gevind is. Die hele Auckland is aan die hart geruk. Die ouers is bygestaan en ondersteun soos wat ek nog nooit in my lewe gesien het nie. Die dag na haar privaat begrafnis, het die brandweer die hele gemeenskap genooi om die dag saam met die ouers en familie deur te bring. Hulle het die kos voorsien en die mense het geld in gesamel om die ouers te help om die begrafnis kostes te kon dek.

Ek het net weereens dankie gese vir die voorreg om hier te kan wees. Die weer is soveel koeler as in Suid Afrika, en die wind waai baie, maar elke oomblik is 'n wonderlike voorreg wat ek vir niks in die wereld wil ruil nie.

Ek se weereens, ons het die regte besluit geneem.

No comments: