BannerFans.com

Monday, November 30, 2009

Tipes Huur Kontrakte


Periodiese Huur ooreenkoms (periodic tenancies)
'n Periodiese Huur ooreenkoms 'n 'n ooreenkoms wat nie 'n spesifieke tyd van verhuring bepaal nie, maar gaan net voort totdat die landlord of die huurder kennis gee, of soos deur die "Tenancy Tribunal" bepaal dat die verhuring verstreke is. Hierdie is die mees eenvoudige vorm van verhuring.

Vasgestelde tydperk van Verhuring (Fixed-term tenancies)
Die huur tydperk eindig op 'n spesifieke dag en datum in die ooreenkoms, en nie die landlord of huurder kan die ooreenkoms vroeer be-eindig nie.

Vasgestelde tydperk van Verhuring wat nie ten volle deur die Verblyf Huur wet gedek word nie
(Residential Tenancies Act 1986)



  • Huur wat minders as 120 dae is

  • Verhuring wat langer as 5 jaar strek, waarin die Verhurings Ooreenkoms dit bepaal dat die Residential Tenancies Act nie van toepassing is nie.

Dit is 'n baie goeie idee om advies by die Tenancy Services te kry voordat jy enige ooreenkoms, om te huur, teken.


Be-einding van Huur


Periodiese Huur


Huurders wat wil verhuis moet 21 dae skriftelike kennis gee en hul adres en datum van verhuising gee. As die kennisgewing per pos gestuur word, moet 4 werksdae bygevoeg word by die kennisgewing. Die eienaar moet aan die huurder 'n skriftelike kennisgewing van ten minste 90 dae of 42 dae gee, wanneer die eindom vir familie of werkers benodig word, of as dit verkoop is.


Vasgestelde tydperk verhuring


'n Vasgestelde termyn verhuring beindig outomaties op die vasgestelde datum en dit beteken dat jy nie nodig het om kennis te gee nie. Jy kan met die landlord oor die hernuwing van die ooreenkoms gesels, maar hou in gedagte dat hy/sy die reg het om dan die huurgeld te verhoog na die einde van die termyn.


Betaling van Huurgeld.


Huurgeld word gewoonlik elke 2e week vooruit betaal maar dit is moontlik om 'n maandelikse betaling te doen as dit met die landlord bespreek is en hy/sy daartoe in gestem het. Die lanlord moet vir jou 'n kwitansie gee van enige gelde wat jy, of kontant, of per tjek betaal het.


As jy van outomatiese betalings gebruik maak, dien jou bank staat as kwitansie.


Huur word bepaal deur mark aanvraag en kan baie af hang van die aanvraag van die eiendom. Jy kan op die Tenancy Services se webblad gaan kyk na mark verwante verhuring in you area en dit dan met soortgelyke eiendomme in daardie omgewing vergelyk.


As jy dink dat jou huurgeld hoer is as die eiendomme waarmee jy dit vergelyk het, kan jy deur die Tenancy Services aansoek doen by Tenancy Tribunal om 'n mark verwante ondersoek daaromtrent te doen. As die Tribunal 'n laer rente vereis moet die landlord hom by die vereiste skik en mag hy ook nie die huurgeld verhoog vir 'n tydperk van ses maande soos wat dit deur die Tribunal bepaal word nie.


As jy 'n Periode Huur ooreenkoms het kan die lanlord nie die huurgeld binne ses maande op stoot vandat die ooreenkoms begin het na die vorige verhoging nie. Huurgeld vir 'n vasgestelde termyn kan ook nie dikwels verhoog word buiten as die Huur ooreenkoms spesifiek hiervoor voorsiening maak nie.

No comments: