BannerFans.com

Wednesday, November 18, 2009

Huur van huise in NZ vervolg

Verhuurderds kan nie iets op huurders af dwing wat buite die reg is nie, en huurders kan nie hul wetlike regte weg gee nie.

Hierdie is absoluut so belangrik en nie almal is bewus hiervan nie, veral as jy nuut in New Zealand is. Die wet is anders as in Suid Afrika en 'n mens moet jouself op hoogte kry met wat jy mag en nie mag nie, en wat "landlords" kan en nie kan doen nie.

Soos in enige besigheid vat "landlords" ook maar kanse omdat hulle weet dat immigrante verlore voel in 'n vreemde land en nie al die wetlike aspekte rondom huur en verhuring ken nie. Dit is waarom ek werklik moeite doen om hierdie aspek onder nuwe immigrante in New Zealand se aandag te bring, of as jy wil oor kom, dat jy presies weet wat om te verwag.

Deposito (Bonds)

Die meeste "landlords" vereis van huurders om 'n deposito te betaal wat gelykstaande is aan 2 tot 4 weke se huurgeld is. Dit was vir ons 'n nuwe ding, want in Suid Afrika het jy jou salaris elke einde van die maand ontvang. Hier is dit gewoonlik weekliks en gebeur alles weeksliks.

Hou in gedagte dat verhuurders nie meer as 4 weke se huurgeld as 'n deposito mag vra nie.

Die verhuurder sal aan jou 'n "Bond Lodgement Form" oorhandig wat jy en hy moet voltooi en teken. Die verhuurder moet die vorm en jou aangehegde check na die Tenancy Services Centre binne 23 weksdae na ontvangs, stuur. Aan beide sal 'n kwitansie gestuur word. As jy nie hierdie kwitansie ontvang nie moet jy die Tenancy Services kontak daaromtrent.

Die deposito sal aan jou terug betaal word wanneer jy die eiendom verlaat, buiten as jy met jou huurgeld agterstallig geraak het of skade aan die eiendom veroorsaak het.

Wanneer die eiendom beskadig is sal net 'n deel van jou deposito aan jou uit betaal word vir die herstel van die skade.

Wanneer jy kennis gee, sal die verhuurder die eiendom kom inspekteer om te verseker dat jy nie skade aan sy/haar eiendom aangerig het nie. Dus is dit baie raadsaam om met die eienaar saam deur die huis te gaan wanneer jy in trek om saam 'n inventaris op te stel en te teken as bewys. Menige Suid Afrikaners het al 'n stel met eienaars opgetel en moes vir skade van 'n vorige huurder betaal.

Om jou deposito terug te kan kry moet jy 'n 'Bond Refund Form' voltooi wat deur die huurder en verhuurder geteken word en na die Tenancy Services Centre gestuur word.

As jy en die eienaar nie ooreenkoms kan bereik met die terug betaling van die deposito nie, moet jy ook die Tenancy Services Centre hieroor kontak.

Hierdie Bond Lodgement en Bond Refund vorms kan af gelaai word van http://www.dbh.govt.nz/housing/tenancy

No comments: