BannerFans.com

Thursday, November 19, 2009

Huur Ooreenkoms




Dit is die verhuurder (landlord) se verantwoordelikheid om aan jou 'n Huur Oreenkoms Vorm te gee.



Die Huur Ooreenkoms sit die voorwaardes van die huur uiteen. Dit moet in 'n eenvoudige Engelse taal wees en die huurder moet nooit enigiets teken wat hy/sy nie verstaan nie.

Die huurder, sowel as die verhuurder, moet die ooreenkoms teken en elkeen moet 'n kopie daarvan hou. Hou altyd in gedagte dat enigiets wat in die ooreenkoms genoem word wat van die wet verskil, het geen effek.



Bv.:
As die ooreenkoms se dat die huurders 'n maand se kennis gegee kan word, kan dit nie af geforseer word nie omdat die wet bepaal dat huurders daarop geregtig is om 42 of 90 dae kennis te gee, afhangend van die situasie.
'n Verhuurder (landlord) kan niks af vorseer wat buite die wet val nie en huurders kan nie hierdie wetlike regte op gee nie.
Eiendom Inspeksie Verslag (Property Inspection Report)

Dit is belangrik dat jy nie net saam met die eienaar alles neer skryf wat in hierdie diens verskaf word soos meubels, die kondisie van die eiendom en elektriese toebehore, wat hier 'chattles'genoem word. Ek noem van die Engelse benamings, omdat dit baie verskil van wat ons in Engels geleer het. (geyser beteken heeltemal iets anders hier as 'n warmwater stelsel.)




Om 'n voorbeeld te gee van hierdie inventaris of raport: As die kombuis kas 'n brandmerk op het, moet dit genoteer word anders gaan die verhuurder jou as huurder hiervoor verantwoordelik hou en geld van die deposito aftrek vir die herstel van die hele blad, wanneer jy huur opgee.





Die Property Inspection Report is gewoonlik deel van die Tenancy Agreement Forms.
Hierdie vorms kan afgelaai word by http://www.dbh.govt.nz/
Die vorms kan ook by meeste groot skryfbehoefte winkels gekoop word.
'n Huur Ooreenkoms behoort die volgende in te sluit:

  • Die name en adresse van die eienaar en huurder, en die adres van die eiendom.
  • Die datum waarop die Huur Oorenkoms geteken is.
  • Die datum wat die huurder in trek.
  • Adresse vir diens vir beide die landlord en die huurder (dit moet 'n permanente adres wees van 'n familie lid of 'n vriend.)
  • Dit moet gestipuleer word of die huurder onder die ouderdom van 18 is.
  • Die deposito (bond) bedrag.
  • Die huur bedrag en wanneer dit betaalbaar is.
  • Die plek of bank rekening nommer waar die huurgeld inbetaal moet word.
  • Enige Eiendoms agent of bemiddelaars fooi.
  • Of die huurder vir gemeterde water moet betaal.
  • 'n Lys van toebehore wat deur die landlord voorsien word (chattels (bv. lampe, gordyne, stoof, wasmasjien en tuimeldroer - baie huise is ook toegerus met 'n skottelgoed wasser. Sien toe dat die toestand van hierdie toebehore behoorlik gelys is. Krappe, of dit werk, of dit geroes is, vuil is, verstop is, ens.) Dit is baie belangrik want as jy dit nie doen nie, en die masjien werk nie en jy bly stil, gaan jy verseker daardie toebehore moet vervang as die landlord voel dis nodig)
  • Die datum waarop die vasgestelde datum van 'n verhuringskontrak be-iendig word.
Opsionele kondisies sluit die volgende in:

  1. Hoeveel persone mag op die perseel woon.
  2. Niks mag aangeheg word aan die huis of woonstel nie.
  3. Geen onderverhuring of om die huurooreenkoms aan iemand anders oor te gee nie.
  4. Of rook in die huis toegelaat mag word.
  5. Of troeteldiere toegelaat mag word.
Die eerste ding wat migrante huurders en landlords moet weet is dat New Zealand 'n wet het wat van toepasing is op bogenoemde of daar 'n skriftelike ooreenkoms is of nie. Bogenoemde wette is nog steeds afdwingbaar.
Wat jy sal moet betaal

Wanneer jy ooreenkom om 'n eiendom te huur, is jy gewoonlik verantwoordelik vir die betaling van die volgende:

  • 'n Fooi aan die eindoms agent, as jy deur een werk.
  • 'n Deposite (bond)
  • Vooruitbetaalde huur.
Jy is ook verantwoordelik vir die betaling van die telefoon, elektrisiteit en, waar van toepassing, gas koppeling.

By voorbeeld, as jou huurgeld $250 per week is, gaan jy die volgende nodig he:
  • 4 Weke se huur geld as deposito (bond) $1000
  • 2 Weke se vooruitbetaalbare huurgeld $ 500
  • 1 Week se huurgeld vir die agent se kommissie $ 281
(Dit sluit Goedere en Dienste belanstig of GST in)
  • Telefoon aansluiting, krag en/of gas konneksie $ 300
Dus gaan jy 'n totale bedrag van $2,081 benodig om te kan huur.

1 comment:

Alta Gloy said...

Ek is seker meeste immigrante sal hierdie inligting baie interessant en leersaam vind.