BannerFans.com

Saturday, December 19, 2009

Emmigreer na New Zealand

Ek het al verskeie kere die vraag van mense gekry wat vra: "Wat moet ons doen om na New Zealand te emmigreer?"

Daar is baie dinge wat gedoen moet word alvorens julle wil emmigreer. Doen jou navorsing eers goed. Ons is nogal mislei deur mede Suid Afrikaners omdat hulle nie reguit vir ons wou se wat ons moet doen om alles in plek te laat val nie.

Ek wil nie raad of voorligting oor die emmigrasie self hier gee nie, maar ander inligting wat baie belangrik is. Ek is nie 'n geregistreerde emmigrasie agent nie. Dus, wat se dit vir jou? Maar ek kan inligting oor ander belangrikke aspekte gee soos lewenskostes, behuising, huur, skole, kulturele verskille, wat om te verwag as jy hier kom, ens.

Soos in die meeste buitelandse lande, is behuising seker DIE belangrikste aspek van alles, en kan dit nogal duur wees. Scroll af na wat nodig is en wat van jou as huurder verwag word om jouself vertroud te maak met wat jou rol in die huur ooreenkoms.

'n Ander aspek wat mense graag wil weet is die kwessie van vervoer.

Voertuie is nie so duur soos in Suid Afrika nie en kan jy 'n baie goeie tweede handse voertuig vir tussen $800 en $5 000 te koop kry. Die lekker van alles is wanneer jy 'n lisensie moet uit neem. Daar is nie lang toue soos in Suid Afrika nie, en elke transaksie word baie vinnig af gehandel. Toe ons ons eerste voertuig gekoop het, is die hele transaksie binne 20 minute afgehandel en was alles wettig. Dieselfde met die tweede voertuig.

Hier word van 'n WOF gepraat. Dit is die "warrent of fitness" wat jy elke 6 maande gedoen moet word om toe te sien dat jou voertuig padwaardig is. Nodeloos om te se dat hier nie baie voertuie langs die motorway of ander paaie staan wat gebreek het nie. Nog minder sien jy voertuie wat bolle rook agter hulle laat. Dit is 'n baie goeie ding want mense se lewens is op die spel.

Oral sal jy AA WOF kantore sien waar die voertuie getoets word en dit maak die vloei baie beter as in Suid Afrika.

'n Mens mag ook nie sommer op die Motor Way (Snelweg) stop nie. Veral hier in Auckland. Die verkeers polisie sal by jou stop en hoor wat fout is. As jy sonder brandstof gaan staan het, word jy beboet en gehelp om van die motor way af te kom omdat jy 'n gevaar vir ander motoriste skep.

As jy verdwaal het, sal hulle jou baie vriendelik help en vir jou vra waar jy vandaan kom. Dit het met my en Lourens gebeur. Ons wou Papatoetoe gegaan het maar ons het in die rigting van die North Shore gery en ons het nie geweet watter kant toe nie. Soos ons maar altyd in Suid Afrika gedoen het, het ons af getrek waar dit vir ons veilig gelyk het en die padkaart uit getrek. Binne 'n paar minute het 'n verkeers polisie vrou by ons gestop en gevra of alles in orde is en ons het haar gese dat ons van Suid Afrika is en wil net kyk waar Papatoetoe is.

Baie vriendelik het sy ons verduidelik dat ons in die verkeerde rigting beweeg en asb by die volgende afrit moet af gaan omdat dit in New Zealand wet is dat niemand op die motor way mag stop nie.

Moet ook nie dink dat jy met enigiets weg kan kom nie. Jou voertuig se registrasie word getoets om te sien of dit jou voertuig is. Selfs tatoeer merke op jou liggaam word aan geteken. Die dame het ons welkok geheet in New Zealand en ons laat gaan met slegs 'n mondelingse waarskuwing dat ons dit in gedagte moet hou om onder geen omstandighede op die motor way te stop nie, behalwe as jou voertuig onklaar geraak het om een of ander onvoorsiene rede.

Hulle sal 'n wegsleep voertuig vir jou bestel en toesien dat jou voertuig verwyder word en dat jy hulp kry om jou huistoe te neem. Jy is natuurlik vir die betaling van die wegsleep voertuig verantwoordelik. Hier is 'n program op TV wat jou inlig oor al die moets en moenies rondom dinge wat nie toelaatbaar is op die motor way nie. Ons vind dit baie interesant en kyk gereeld daarna. Hulle wys werklike gevalle en noem dan wat die oorsaak van die oponthoud was en of die persoon beboet is of nie. So leer immigrante baie vinnig wat hulle moet doen en nie mag nie.

No comments: