BannerFans.com

Monday, November 30, 2009

Tipes Huur Kontrakte


Periodiese Huur ooreenkoms (periodic tenancies)
'n Periodiese Huur ooreenkoms 'n 'n ooreenkoms wat nie 'n spesifieke tyd van verhuring bepaal nie, maar gaan net voort totdat die landlord of die huurder kennis gee, of soos deur die "Tenancy Tribunal" bepaal dat die verhuring verstreke is. Hierdie is die mees eenvoudige vorm van verhuring.

Vasgestelde tydperk van Verhuring (Fixed-term tenancies)
Die huur tydperk eindig op 'n spesifieke dag en datum in die ooreenkoms, en nie die landlord of huurder kan die ooreenkoms vroeer be-eindig nie.

Vasgestelde tydperk van Verhuring wat nie ten volle deur die Verblyf Huur wet gedek word nie
(Residential Tenancies Act 1986)



  • Huur wat minders as 120 dae is

  • Verhuring wat langer as 5 jaar strek, waarin die Verhurings Ooreenkoms dit bepaal dat die Residential Tenancies Act nie van toepassing is nie.

Dit is 'n baie goeie idee om advies by die Tenancy Services te kry voordat jy enige ooreenkoms, om te huur, teken.


Be-einding van Huur


Periodiese Huur


Huurders wat wil verhuis moet 21 dae skriftelike kennis gee en hul adres en datum van verhuising gee. As die kennisgewing per pos gestuur word, moet 4 werksdae bygevoeg word by die kennisgewing. Die eienaar moet aan die huurder 'n skriftelike kennisgewing van ten minste 90 dae of 42 dae gee, wanneer die eindom vir familie of werkers benodig word, of as dit verkoop is.


Vasgestelde tydperk verhuring


'n Vasgestelde termyn verhuring beindig outomaties op die vasgestelde datum en dit beteken dat jy nie nodig het om kennis te gee nie. Jy kan met die landlord oor die hernuwing van die ooreenkoms gesels, maar hou in gedagte dat hy/sy die reg het om dan die huurgeld te verhoog na die einde van die termyn.


Betaling van Huurgeld.


Huurgeld word gewoonlik elke 2e week vooruit betaal maar dit is moontlik om 'n maandelikse betaling te doen as dit met die landlord bespreek is en hy/sy daartoe in gestem het. Die lanlord moet vir jou 'n kwitansie gee van enige gelde wat jy, of kontant, of per tjek betaal het.


As jy van outomatiese betalings gebruik maak, dien jou bank staat as kwitansie.


Huur word bepaal deur mark aanvraag en kan baie af hang van die aanvraag van die eiendom. Jy kan op die Tenancy Services se webblad gaan kyk na mark verwante verhuring in you area en dit dan met soortgelyke eiendomme in daardie omgewing vergelyk.


As jy dink dat jou huurgeld hoer is as die eiendomme waarmee jy dit vergelyk het, kan jy deur die Tenancy Services aansoek doen by Tenancy Tribunal om 'n mark verwante ondersoek daaromtrent te doen. As die Tribunal 'n laer rente vereis moet die landlord hom by die vereiste skik en mag hy ook nie die huurgeld verhoog vir 'n tydperk van ses maande soos wat dit deur die Tribunal bepaal word nie.


As jy 'n Periode Huur ooreenkoms het kan die lanlord nie die huurgeld binne ses maande op stoot vandat die ooreenkoms begin het na die vorige verhoging nie. Huurgeld vir 'n vasgestelde termyn kan ook nie dikwels verhoog word buiten as die Huur ooreenkoms spesifiek hiervoor voorsiening maak nie.

Thursday, November 26, 2009

Brief van 'n 'n Nigerier oor SA

Ek kan vandag nie anders as om hierdie brief te plaas nie. So baie van ons mense, ek inkluis, het uit Suid Afrika pad gegee as gevolg van die politieke toestand, die moorde, verkragtings en diskriminasie teen die blankes, en ek glo nog duisende gaan die land binnekort, of in 2010 verlaat.

Ons word kwalik geneem omdat ons dit gedoen het, maar ons het gedoen wat ons goed gedink het en ons betaal geweldig duur vir hierdie besluit. Daar is so baie dinge wat ons moes opgee, soveel geliefdes wat ons moes verlaat en agterlaat, soveel regte wat ons moes prys gee vir veiligheid en gemoedsrus, soveel ...

Maar ek wil nie nou filosofies hieroor raak nie, nog minder 'n debat hieroor voer.

Die volgende brief is in Engels en ek plaas dit net soos ek dit ontvang het.


'On Thursday night of October 1st 2009, the national Chairman of our great Party Chief Bisi Akande, the Lagos State Chairman of the Party in Lagos Chief Dele Ajomale, his wife, the representative of the Governor and my humble self left for South Africa to inaugurate the chapter of our Party. Business finished on Saturday 2 and 3 of October 2009 in both Pretoria and Johannesburg, we had Sunday October 4 to look around. It was my first visit to South Africa and what I saw stunned me into disbelief.

Am I in Africa or Europe? Am I in America? Is this another Singapore? Could this be true?

Where was Nigeria when South Africa was putting all these structures in place? If the white man did all these in South Africa why were the Nelson Mandelas of this world complaining? If South Africans got their independence on a platter of gold the way Nigeria got hers in 1960, would there have been all these structures I am seeing here today? Impossible! Impossible!! Impossible!!! From what I saw on ground in South Africa, it looks as if all the companies and industries all over the world are physically present there. Ah! Nigeria has been left behind. South Africa is the potential and undisputable leader in Africa. Thanks to white South Africans.
I came to the unhappy conclusion that the mosquitoes that drove the whites away from Nigeria in 1960 did a colossal and unmitigated damage to Nigerians. I again asked myself these questions: How many black Africans did the whites kill before surrendering power to them few years back? How many Nigerians have been killed by Nigerian leaders since they took over power from the whites in 1960? Let us compare the figures.


I am sure the supreme prize South Africans paid to have the South Africa I see today will be so infinitesimal compared with what our leaders have killed to remain in power in Nigeria I see today.

What I am saying if that is God had allowed the whites to tarry for at least 30 years more in Nigeria, we would have been better for it. Mandela survived 27 years in prison because the whiteman was a better person. He could not have survived ten years in prision in Nigeria.
My conclusion after seeing what I saw in South Africa is that the whites left Nigeria in a hurry, and that is why we are suffering today.


Had the whites tarried in Nigeria, Nigeria would have been like South Africa today. I want the whites back in Nigeria!

•Joe Igbokwe,
Lagos'


As jy graag meer wil lees oor die opslae wat hierdie brief veroorsaak het by beide wit en en swart, kan jy dit HIER doen.

Ek is seker dat ons baie lank hieroor sal kan gesels en verskeie opinies van mense kry, maar dis nie die doel van hierdie blog nie. Ek kon egter nie nalaat om hierdie brief te plaas nie.

Thursday, November 19, 2009

Huur Ooreenkoms




Dit is die verhuurder (landlord) se verantwoordelikheid om aan jou 'n Huur Oreenkoms Vorm te gee.



Die Huur Ooreenkoms sit die voorwaardes van die huur uiteen. Dit moet in 'n eenvoudige Engelse taal wees en die huurder moet nooit enigiets teken wat hy/sy nie verstaan nie.

Die huurder, sowel as die verhuurder, moet die ooreenkoms teken en elkeen moet 'n kopie daarvan hou. Hou altyd in gedagte dat enigiets wat in die ooreenkoms genoem word wat van die wet verskil, het geen effek.



Bv.:
As die ooreenkoms se dat die huurders 'n maand se kennis gegee kan word, kan dit nie af geforseer word nie omdat die wet bepaal dat huurders daarop geregtig is om 42 of 90 dae kennis te gee, afhangend van die situasie.
'n Verhuurder (landlord) kan niks af vorseer wat buite die wet val nie en huurders kan nie hierdie wetlike regte op gee nie.
Eiendom Inspeksie Verslag (Property Inspection Report)

Dit is belangrik dat jy nie net saam met die eienaar alles neer skryf wat in hierdie diens verskaf word soos meubels, die kondisie van die eiendom en elektriese toebehore, wat hier 'chattles'genoem word. Ek noem van die Engelse benamings, omdat dit baie verskil van wat ons in Engels geleer het. (geyser beteken heeltemal iets anders hier as 'n warmwater stelsel.)




Om 'n voorbeeld te gee van hierdie inventaris of raport: As die kombuis kas 'n brandmerk op het, moet dit genoteer word anders gaan die verhuurder jou as huurder hiervoor verantwoordelik hou en geld van die deposito aftrek vir die herstel van die hele blad, wanneer jy huur opgee.





Die Property Inspection Report is gewoonlik deel van die Tenancy Agreement Forms.
Hierdie vorms kan afgelaai word by http://www.dbh.govt.nz/
Die vorms kan ook by meeste groot skryfbehoefte winkels gekoop word.
'n Huur Ooreenkoms behoort die volgende in te sluit:

  • Die name en adresse van die eienaar en huurder, en die adres van die eiendom.
  • Die datum waarop die Huur Oorenkoms geteken is.
  • Die datum wat die huurder in trek.
  • Adresse vir diens vir beide die landlord en die huurder (dit moet 'n permanente adres wees van 'n familie lid of 'n vriend.)
  • Dit moet gestipuleer word of die huurder onder die ouderdom van 18 is.
  • Die deposito (bond) bedrag.
  • Die huur bedrag en wanneer dit betaalbaar is.
  • Die plek of bank rekening nommer waar die huurgeld inbetaal moet word.
  • Enige Eiendoms agent of bemiddelaars fooi.
  • Of die huurder vir gemeterde water moet betaal.
  • 'n Lys van toebehore wat deur die landlord voorsien word (chattels (bv. lampe, gordyne, stoof, wasmasjien en tuimeldroer - baie huise is ook toegerus met 'n skottelgoed wasser. Sien toe dat die toestand van hierdie toebehore behoorlik gelys is. Krappe, of dit werk, of dit geroes is, vuil is, verstop is, ens.) Dit is baie belangrik want as jy dit nie doen nie, en die masjien werk nie en jy bly stil, gaan jy verseker daardie toebehore moet vervang as die landlord voel dis nodig)
  • Die datum waarop die vasgestelde datum van 'n verhuringskontrak be-iendig word.
Opsionele kondisies sluit die volgende in:

  1. Hoeveel persone mag op die perseel woon.
  2. Niks mag aangeheg word aan die huis of woonstel nie.
  3. Geen onderverhuring of om die huurooreenkoms aan iemand anders oor te gee nie.
  4. Of rook in die huis toegelaat mag word.
  5. Of troeteldiere toegelaat mag word.
Die eerste ding wat migrante huurders en landlords moet weet is dat New Zealand 'n wet het wat van toepasing is op bogenoemde of daar 'n skriftelike ooreenkoms is of nie. Bogenoemde wette is nog steeds afdwingbaar.
Wat jy sal moet betaal

Wanneer jy ooreenkom om 'n eiendom te huur, is jy gewoonlik verantwoordelik vir die betaling van die volgende:

  • 'n Fooi aan die eindoms agent, as jy deur een werk.
  • 'n Deposite (bond)
  • Vooruitbetaalde huur.
Jy is ook verantwoordelik vir die betaling van die telefoon, elektrisiteit en, waar van toepassing, gas koppeling.

By voorbeeld, as jou huurgeld $250 per week is, gaan jy die volgende nodig he:
  • 4 Weke se huur geld as deposito (bond) $1000
  • 2 Weke se vooruitbetaalbare huurgeld $ 500
  • 1 Week se huurgeld vir die agent se kommissie $ 281
(Dit sluit Goedere en Dienste belanstig of GST in)
  • Telefoon aansluiting, krag en/of gas konneksie $ 300
Dus gaan jy 'n totale bedrag van $2,081 benodig om te kan huur.

Wednesday, November 18, 2009

Huur van huise in NZ vervolg

Verhuurderds kan nie iets op huurders af dwing wat buite die reg is nie, en huurders kan nie hul wetlike regte weg gee nie.

Hierdie is absoluut so belangrik en nie almal is bewus hiervan nie, veral as jy nuut in New Zealand is. Die wet is anders as in Suid Afrika en 'n mens moet jouself op hoogte kry met wat jy mag en nie mag nie, en wat "landlords" kan en nie kan doen nie.

Soos in enige besigheid vat "landlords" ook maar kanse omdat hulle weet dat immigrante verlore voel in 'n vreemde land en nie al die wetlike aspekte rondom huur en verhuring ken nie. Dit is waarom ek werklik moeite doen om hierdie aspek onder nuwe immigrante in New Zealand se aandag te bring, of as jy wil oor kom, dat jy presies weet wat om te verwag.

Deposito (Bonds)

Die meeste "landlords" vereis van huurders om 'n deposito te betaal wat gelykstaande is aan 2 tot 4 weke se huurgeld is. Dit was vir ons 'n nuwe ding, want in Suid Afrika het jy jou salaris elke einde van die maand ontvang. Hier is dit gewoonlik weekliks en gebeur alles weeksliks.

Hou in gedagte dat verhuurders nie meer as 4 weke se huurgeld as 'n deposito mag vra nie.

Die verhuurder sal aan jou 'n "Bond Lodgement Form" oorhandig wat jy en hy moet voltooi en teken. Die verhuurder moet die vorm en jou aangehegde check na die Tenancy Services Centre binne 23 weksdae na ontvangs, stuur. Aan beide sal 'n kwitansie gestuur word. As jy nie hierdie kwitansie ontvang nie moet jy die Tenancy Services kontak daaromtrent.

Die deposito sal aan jou terug betaal word wanneer jy die eiendom verlaat, buiten as jy met jou huurgeld agterstallig geraak het of skade aan die eiendom veroorsaak het.

Wanneer die eiendom beskadig is sal net 'n deel van jou deposito aan jou uit betaal word vir die herstel van die skade.

Wanneer jy kennis gee, sal die verhuurder die eiendom kom inspekteer om te verseker dat jy nie skade aan sy/haar eiendom aangerig het nie. Dus is dit baie raadsaam om met die eienaar saam deur die huis te gaan wanneer jy in trek om saam 'n inventaris op te stel en te teken as bewys. Menige Suid Afrikaners het al 'n stel met eienaars opgetel en moes vir skade van 'n vorige huurder betaal.

Om jou deposito terug te kan kry moet jy 'n 'Bond Refund Form' voltooi wat deur die huurder en verhuurder geteken word en na die Tenancy Services Centre gestuur word.

As jy en die eienaar nie ooreenkoms kan bereik met die terug betaling van die deposito nie, moet jy ook die Tenancy Services Centre hieroor kontak.

Hierdie Bond Lodgement en Bond Refund vorms kan af gelaai word van http://www.dbh.govt.nz/housing/tenancy

Thursday, November 5, 2009

Huur 'n huis



Waneer jy in New Zealand aan kom, is dit 'n baie goeie idee om eers 'n huis te huur terwyl jy besluit waar jy wil woon.

New Zealand het 'n hoe vlak van huis eienaarskap en dit maak die soeke na 'n huis om te huur nie so moeilik nie.

Pryse en kwaliteit verskil en dit is altyd goed om eers 'n eiendom persoonlik te gaan besoek voor jy 'n huur ooreenkoms teken. Eerste indrukke kan soms misleidend wees en dit is baie belangrik om eers die basis na te gaan.

Dele van New Zealand kan baie koud word en huise wat nie genoeg sonlig kry nie mag 'n probleem met klamighied gedurende die winter maande he. Faktore soos toegang tot vervoer, winkels en skole, asook die algemene gevoel van die omgewing, moet ook in konsidirasie geneem word.

Dit is 'n goeie idee om al jou wetlike regte en verantwoordelikhede eers uit te vind voor jy enige ooreenkoms teken. Die Huur Diens afdeling van die Departement van Geboue en Behuising kan jou hiermee help.

Die groot meerderheid van eiendome is ongemeubileerd maar beskik oor fasiliteite soos 'n stoof en was fasiliteite (wasmasjien en of tuimeldroer) en het gewoonlik ook gordyne en matte. Die eienaar (landlord) het nie nodig om 'n verwarmer te voorsien nie, maar daar is sommiges wat dit wel doen.

Ons is baie gelukkig om 'n tenvolle gemeubileerde huis te kon kry en dit het ons laat besluit om al ons meubels in Suid Afrika te verkoop. Ons het alles wat ons nodig het en jy besef baie gou met hoe min jy kan klaar kom.

Die aanvraag vir goeie kwaliteit huur huise is hoog en dit mag 'n tydjie neem om 'n geskikte perseel te vind, en as jy dit kry moet jy soms baie vinnig 'n besluit neem.

Waar om te kyk vir huurhuise

Die "To Let" kollomme in die plaaslike nuusblaaie, veral op Woensdae en Saterday, of Donderdag en Vrydag soos in ons omgewing, is 'n goeie afspring plek. Jy moet vroegtydig die beskikbare nommer skakel omdat die goeie woonstel/woon eenheid en huise baie gou gaan.

Jy kan ook 'n advertensie in die koerante plaas teen 'n fooi, in hul "Wanted to Rent" kolom.

Hier word weeklikse huur betaal en dit wissel van streek tot streek.
Hier volg 'n gemiddelde uiteensetting van huur fooie vir verskillende areas in New Zealand




















Eiendoms Agente:
Die meeste eiendoms agente deel ook met verhuring. Hul kommissie fooi is van krag sodra die huur ooreenkoms voltooi en geteken is en dit mag nie meer as een week se huur geld oorskry nie.

Verhurings Sentras:

Hierdie sentras vra gewoonlik 'n fooi om na hul gelyste eiendomme te kan kyk. Die fooi is gewoonlik minder as wat eiendoms agente vra en mag selfs verander as jy nie 'n huis op hul lys find nie. As jy deur hulle na 'n eiendoms aggent verwys word, moet jy ook die agent se fooi betaal.

Diskriminasie:

'n Huis eienaar word deur die wet verplig om nie te discrimeneer teen enige persoon agv sy kleur, ras, geslag, etniese oorsprong, gestremdheid of geloofs oortuiginge nie.

As jy dink dat daar teen jou gediscrimieer is, kan jy die volgende instansies kontak.

Tenancy Services
Gratis foon: 0800 83 62 62 (0800 TENANCY)

The Human Rights Commission
Gratis foon: 0800 496 877 (0800 4 YOUR RIGHTS)