Hoe so?
Die eerste trek was van ons eiendom nadat ons die hoewe verkoop het. Dit was GROOT werk, want ons het byna veertien jaar daar gewoon en het 'n klomp gemors ook op gegaar wat uit gesorteer moes word. Verder moes ek besluit wat ek wou saam neem New Zealand toe en wat nie. Ons het op 'n klein houervrag besluit en daar kan nie veel in nie. Ons moes in 'n huis in die dorp gaan woon het tot tyd en wyl ons sou vertrek, en ALS moes uitgepak word binne 'n maand en 'n half want die vervoer maatskappy moes self pak anders kan ons nie versekering op ons goed kry nie.
Ek wil eers vir 'n rukkie hier stil staan en jou gedagtes in 'n ander rigting stuur. As ons kon oor kies, sou ons als in Suid Afrika verkoop het en net DIE belangrikste hierheen laat kom het. Wat die verpakkers gedoen het, was om kartonne spesiaal vir hul self te pak en te merk. Ons het geweldig verlies gely as gevolg hiervan. Nadat ons die meubels later op 'n veiling laat verkoop het, (en ons byna niks vir byna splinter nuwe goed gekry het, omdat ons nie self teenwoordig kon wees nie), het baie meer goed "voetjies" in 'n ander rigting gekry. Ons het hierdie besluit geneem omdat ons immigrasie dokumente gelsoer het en ons nie ons besittings kon laar oor kom voor als nie in plek is nie. Sommige mense ondervind nie probleme nie, en ander weer. Dit gaan nie altyd maklik nie. Als hang van jou immigrasie offisier af. Die kartonne het 8 maande later hier geland en ons was baie opgewonde. Een karton het 'n naam op gehad. Sameul het nie sy een gemerkte karton gekry nie. Als was so strategies beplan hoor. Die enkel beddens het tussen neus en oe verdwyn plus AL die beddegoed en als wat in my spaar kamer was, buiten die 'Sameul' gemerkte karton.
Gedink die versekering betaal uit? Daar is elle lange stories hieroor en ons het moed op gegee. Dis absoluut nag om vanuit New Zealand reelings te kan tref en navraag antwoorde uit Suid Afrika te kry. Die stories wat vertel word laat 'n mens net jou kop skud.
Terug by ons trekkery in New Zealand self. Dit is nie vreemd dat immigrante baie rond trek nie, want jy moet gaan waar die werk is, en daar is baie ander faktore wat ook 'n rol speel. Juis om hierdie rede moet jy vertroud wees met die regte in huurooreenkomste met verhuurders, of landlords, soos ons dit hier noem.
Huurder se regte:
A: 'n Huurder moet
- Die huur betyds betaal
- Die eiendom slegs as 'n woning gebruik
- Die eiendom skoon en netjies hou
- Dadelik enige skade/herstel raporteer
- Enige skade wat deur die huurder of hul gaste plaasgevind het, self herstel of laat herstel.
- Nie meer persone huisves as wat in die ooreenkoms genoem is nie
- Die dag vertrek volgens die ooreenkoms of voor die datum verstreke is.
- Alle goedere en gemors van die perseel verwyder.
- Die eiendom skoon en netjies agter laat.
- Alle sleutels en 'pass cards' in handig
- Alle toebehore in 'n goeie toestand laat.
- Toegang verleen aan voornemende huurders of kopers.
- Elektrisiteit, telefoon en ander rekeninge betaal waarvoor hulle aansoek gedoen het.
- Die eiendom beskadig of ander toelaat om dit te doen nie.
- Die eiendom vir onwettige doeleindes gebruik, of ander toelaat om dit te doen nie.
- Die vrede van ander huurders en bure versteur nie.
- Die eiendom of slotte verander nie.
- Regmatige toegang aan die landlord of hul agent weier nie.
- Onderverhuring of oordrag van die huurooreenkoms sonder toestemming doen nie.
A: 'n Landlord moet:
- 60 Dae kennis gee van huur verhoging
- 48 uur kennis gee vir inspeksie
- 24 uur kennis gee om die eiendom te betree vir herstel werk
- 42 dae kennis gee van beplanning om die eiendom te verkoop
- Verseker dat alle slotte en knippe werk
- Kwitansies van kontant/tjek betalings gee - en maak seker dat jy dit kry.
- Huur rekening gee as dit gevra word.
- Alle nodige herstelwerk doen
- Vir dringende herstelwerk betaal.
- 'n Skoon en bewoonbare eiendom aanbied.
- Kostes soos versekering en belasting van die eiendom/gebou betaal.
- Verseker dat die huurders nie onnodig gesteur word nie.
- Redelike her verhuring of redelike onderverhuring blokkeer nie.
- Die gebruik van bruikbare binnenshuise toerusting verhinder nie.
- Slotte sonder medewete van die huurder verander nie.
- Toegang tot die eiendom sonder toestemming of wettige reg betree nie.
Indien jy meer inligting wil bekom, gaan besoek die staat se webblad
Indien jy enige vra het, vra dit asb in die comments. Ek sal jou eerlik en reguit antwoord op jou vrae.
Ek wil dit asb baie duidelik stel dat ek nie 'n immigrasie inligtings beampte is, of aan jou enige inligting rondom immigrasie self kan gee nie. Hierdie blog is net my eie ondervinding en wat ek van mede Suid Afrikaners ontvang het wat alreeds deur die hele proses gegaan het. Indien jy enige inligting oor immigrasie wil bekom, kan jy Walter Stone kontak. Noem asb hierdie blog as jou verwysing.
No comments:
Post a Comment