'n Vraag wat aan ons gevra is rondom die aansoek van 'n werkspermit vir man en vrou het my genoop om hieroor te praat.
Ek is glad nie 'n raadgewer op hierdie gebied nie, maar ek gee net ons eie ondervinding hier omdat daar baie onsekerheid by mens op kom in hierdie verband.
Vir ons is gese dat Lourens eers aansoek moet doen en dan moet ek. Die immigrasie offisier het ons ook verkeerdelik ingelig dat ek "veilig" is terwyl hulle met sy aansoek besig is, wat blyk onwaar te gewees het. Toe ons, nadat hy sy werkspermit gekry het, haar vra wanneer ek my paspoort moet in bring sodat dit gestempel kan word, het sy gese ek val outomaties onder hom.
Dit het my gepla. My een vriendin het my vertel van 'n ander paar wat dieselfde trap af getrap het en die vrou is na haar land van herkoms gedeporteer. Hulle het dit vanselfprekend aanvaar. Ek het immigrasie gebel en die man het vir my gese dat ek onwettig in die land is omdat my besoekers permit reeds byna drie maande gelede verval het. Ek het aan hom verduidelik wat die immigrasie offisier gese het en hy was baie vriendelik en simpatiek met die hele situasie. Hy het onmiddelik vir my vorms per koerier gestuur wat ek moes in vul en ook wat ek moet doen.
Ek moes 'n motiverings brief skryf waarom ek onwettig in die land was, wat ek ook gedoen het en ek het nie geskroom om die immigrasie offisier, wat die vals inligting gegee het, se naam te noem nie. Hier is dit nou nie meer 'n kwessie van jammer kry nie. Dis of die waarheid of ek word terug gestuur Suid Afrika toe.
Dit was 'n langer proses as wat dit met Lourens se permit was. As gevolg van die spanning was my bloeddruk hoog toe ek vir my mediese toetse gegaan het. Dit het $350 gekos. Immigrasie het dit nie so aanvaar nie en dit na 'n assessor gestuur vir sy opinie, wat my weer aanbeveel het om 'n spesialis te gaan spreek. Nog 'n verder $460. Die spesialis het niks fout gevind met my hart nie en het gese dat dit bloot spanning is as gevolg van ons immigrasie. Al die immigrante ondervind bloeddruk probleme as gevolg van die spanning, veral as dit 'n bietjie langer draal as wat nodig is. Dit was net voor Desember en ek het eers in Januarie my werkspermit gekry.
Dus die antwoord op die vraag - Doen alby gelyk aansoek daarom en dieselfde vir PR (Permanente Residensie).
Sorg dat jy jou Polisie Clearance kry net voor jy oor kom sodat daar ten minste nog genoeg tyd oor is wanneer jy jou aansoek om 'n werkspermit indien.
Sorg dat jy genoeg (ten minste 10) afskrifte van al jou dokumente het en dat dit klaar beedig is voor jy oor kom.
Sodra jy hier land, en jy nog jou paspoort in jou besit het, gaan verander dadelik jou bestuurslisensie by AA kantore. Dit sal vinnig gaan en dit neem so 'n week om jou nuwe New Zealandse bestuurslisensie te kry deur die pos. Dit dien as identifikasie, veral wanneer jou paspoort by immigrasie is.
Indien jy meer oor immigrasie wil weet en wat om te doen, gaan na NZimmigration.
Friday, April 2, 2010
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment