BannerFans.com

Thursday, January 6, 2011

Die skoonheid van New Zealand se Natuur

Beleef saam met ons die skoonheid van New Zealand se natuur.
Hierdie video is deur 'n maatksappy hier in New Zealand gemaak wie se eienaars Suid Afrikanes is.



Invesure Productions lewer absolute kwaliteit werk en dit is 'n voorreg om saam met hulle te kan werk.
Ons is darm al byna oor die hond se stert met ons immigrasie proses. Dit is nou net die aansoek vir Permanente Verblyf. Ons is in die wolke toe ons die 24ste Desember 2010 die aansoek vorms van Immigrasie New Zealand ontvang wat ons uit nooi om aansoek te doen.

Ons moet nou weer deur 'n proses van medies gaan en dan die wag wat nogal 'n tydjie kan duur. Van ons vriende het net voor Kersfees verneem dat hulle nou amptelike burgers van die land is en het toe sommer van die geleentheid gebruik gemaak om deur die Suid Eiland te gaan toer.

Ek sal binne kort weer artikels plaas van die ander dinge wat 'n mens moet weet tydens jou verblyf in hier in New Zealand, wat die lewe net makliker vir jou kan maak.

No comments: