Ek kan geen inligting oor immigrasie aspekte aan julle gee nie, maar wel net wat ons beleef. Ons is nou besig met PR en dit is nogals baie spanningsvol. Ons het verlede jaar so gesukkel om ons polisie clearances uit Suid Afrika te kry. Die tyd het byna uit geloop en jy kan jou seker in dink hoe ons gestress het. Genadiglik het dit net betyds opgedaag.
Ek wil net vir jou se, moenie dink jy kan met net 'n paar duisend rand oor kom nie. Jy moet genoeg geld he om die uitgawes te kan dek. Genoeg om vir jou en jou gesin vir ten minste 6 maande se blyplek en kos te betaal.
Hoeveel kos dit?
Huis huur is plus minus $300 tot $600 per week, afhangende waar jy bly. Ons is in Auckland en woon nou in Suid-Westelike deel van Auckland. Dis bietjie goedkoper as in die Noordelike deel van Auckland en dit hang ook als af van die omgewing. Huise is gerieflik, maar kaste is nie soos ons gewoond was in Suid Afrika nie.
Krag werk so om en by $200 - $380 per maand uit.
Sommige land lords is bereid om die water te betaal, maar nie almal doen dit nie. So maak jouself gereed vir 'n 3 maandelikse rekening van tussen $20 - $80
Kos is nou duurder as 2 jaar gelede toe ons hier gekom het. En dit sal seker nou nog duurder word na die vloede in Australie. Ons is net twee monde en dit werk ons so tussen $120 - $200 per week uit vir ons kruideniersware.
Brandstof is nou baie duur ($2 per liter) en kos gemiddeld $80 - $100 per week om jou werk toe en terug te neem. Weereens, afhangende van waar jy woon en hoe ver jou werk plek van jou huis af is.
Moenie dat die kilometers jou mislei nie. Jou werk kan 20 km van jou huis wees en dit mag jou tot 'n uur neem om by jou werkplek te kom. Die verkeer is baie druk. Veral in Auckland waar ons woon. Dit sal seker nou met die rugby wereld beker nog erger word, veral naweke.
Auckland het ongelukkig nie beplan vir 'n immigrasie ontploffing na die land nie en hul paaie kry maar swaar onder die verkeers druk. Maar ... en ek kan nie anders as om dit hier te beklemtoon nie ... die paaie is in 'n baie goeie toestand en onderhoud word voortdurend gedoen.
Wat my baie beindruk is die feit dat hulle snags aan paaie werk wanneer die verkeers drukte nie so fel is nie. Dit is iets wat Suid Afrikaners nie ken nie, veral nie sedert 1994 nie. As gevolg van die verkeers drukte is die motorway patrol baie doenig om wet en orde te handhaaf en dit maak die paai in en rondom Auckland baie veilig.
Jy kan dus nou uitwerk wat jou inkomste per week moet wees om al hierdie kostes te dek.
Volgens ons is en bly dit nog als die moeite werd om deur al hierdie spanning van immigrasie te gaan vir die voorreg om in New Zealand te kan woon.
Vertel dus vir jou vriende van my blog en die geleentheid vir vrae rondom immigrasie sodat Martin dit kan beantwoord. Hy sal ook met jou kontak maak en vir jou die inligting per epos stuur indien dit van so 'n aard is dat hy dit nie hier kan beantwoord nie.
Hoe is die weer vandag in Auckland?
Die afgelope week was dit drukkend warm maar die weer het gedraai en sedert gister ondervind ons heerlike koel weer. Die son skyn en ek is seker dat al die Kiwies weer die naweek plan sal maak om die mooi weer te kan geniet in die mooi natuur van New Zealand.
Geniet die video van Manukau, 'n voorstand van Auckland, nie ver van ons nie
Video geneem deur Invesure Productions, 'n gevestigde besigheid met Suid Afrikaanse eienaars