Die Somer is amptelik verby. Dis herfs en dit raak nou koud. In Suid Afrika kry die ouens nog steeds warm.
'n Mens 'ruik' die winter in die lug. Dit word nou vroeer donker en later lig en dit bly nog steeds mooi.
Daar is vir my niks mooiers as die mistigheid wat Auckland omvou nie.
Elke oggend kyk ek uit op die vallei en sien hoe die mistigheid die wereld omvou. Net so ook wanneer dit reen, omvou 'n wasigheid die landskap en tower dit om in 'n sprokieswereld.
Maar daar is 'n prys om hiervoor te betaal. 'n Prys wat jou sak skud en ook die prys om ver van jou familie en geliefdes te wees. 'n Prys om te betaal vir vryheid, gemoedsrus, vrede en veiligheid. 'n Prys wat vir ons die moeite werd is om te betaal.
Ons is nou besig met Permenente Residensie (PR) en dan kan ons asem haal. Ons doen alles self, en dis nie aldag maklik nie. Mediese toetse, poliesie klarings, vorms wat in gevul moet word en dan die wag.
Ons het nou al 2 keer vir ons werkspermitte aansoek moes doen en ons polisie klarings het net net verval. Dit moet weer gedoen word en ai, hulle is maar nie baie hastig in Suid Afrika nie. Jy weet mos ... tea time - 'n uur lank ... lunch time - so 'n bietjie langer as 'n uur en dan drentel ons langsaam kantoor toe wat nog 'n halfuur neem, want daar word eers langs die pad vir iemand van al die lief en leed by die huis vertel.
Dan besef ek opnuut - Dit is 'n voorreg om elke oggend in Auckland wakker te word. Ons het die motor verkeer gewoond geraak wat by ons huis verby snel van soggens ses uur. Ons het dit verruil vir voel gesang van die plaas, maar sodar almal by die werk is, geniet ek die voel sang van die Tui (uitgespreek as Toehie).
Nog steeds hoor ons tortel duiwe en mossies. Ek mis nogals die tarentale. Hier is wel tarentale wat hier voorkom. Natuurlik ingevoer van Suid Afrika
NZ: Tui Tui Tui Bird
Indien jy belang stel om na New Zealand te immigreer kan jy gerus vir Marin Aucamp contak by MP Immigration
Tuesday, March 8, 2011
Tuesday, February 8, 2011
Verskil In Woorde en Betekenisse
Dit was vir ons 'n baie groot aanpassing gewees met die Engels wat die New Zealanders praat. Ek het al voorheen ook al melding gemaak van verskillende woorde wat ons in Suid Afrika geleer het en wat die betekenis in New Zealand totaal mee verskil.
Ek bied aan almal, wat New Zealand toe kom om te kuier, te werk of reeds hier bly 'n lys van verskillende woorde en die betekenis in New Zealand Engels.
Vul slegs die vormpie in die kantlyn in en ontvang die woordelys van ons. Jy sal ook 'n maandelikse Nuusbrief van ons ontvang oor verskillende gebeure en besienswaardighede in New Zealand. Daar is ook die opsie om enige tyd jou inskrywing te kanseleer.
Die lys woorde is baie interesant.
Geniet dit

Thursday, January 20, 2011
Immigrasie na New Zealand - Wat moet ek doen?
Ek het goeie nuus vir die ouens wat dit oorweeg om New Zealand toe te emmigreer. Ek het 'n betroubare geregistreerde immigrasie agent op gespoor en hy is bereid om jul vrae te antwoord wat julle hier vra. Martin Aucamp (sy logo is hier heel links - kliek op dit en kom by sy websit uit) het in gestem om uit te help. Hy sal ook binne kort hier 'n artikel plaas wat, glo ek, baie interesant gaan wees.
Ek kan geen inligting oor immigrasie aspekte aan julle gee nie, maar wel net wat ons beleef. Ons is nou besig met PR en dit is nogals baie spanningsvol. Ons het verlede jaar so gesukkel om ons polisie clearances uit Suid Afrika te kry. Die tyd het byna uit geloop en jy kan jou seker in dink hoe ons gestress het. Genadiglik het dit net betyds opgedaag.
Ek wil net vir jou se, moenie dink jy kan met net 'n paar duisend rand oor kom nie. Jy moet genoeg geld he om die uitgawes te kan dek. Genoeg om vir jou en jou gesin vir ten minste 6 maande se blyplek en kos te betaal.
Huis huur is plus minus $300 tot $600 per week, afhangende waar jy bly. Ons is in Auckland en woon nou in Suid-Westelike deel van Auckland. Dis bietjie goedkoper as in die Noordelike deel van Auckland en dit hang ook als af van die omgewing. Huise is gerieflik, maar kaste is nie soos ons gewoond was in Suid Afrika nie.
Krag werk so om en by $200 - $380 per maand uit.
Sommige land lords is bereid om die water te betaal, maar nie almal doen dit nie. So maak jouself gereed vir 'n 3 maandelikse rekening van tussen $20 - $80
Kos is nou duurder as 2 jaar gelede toe ons hier gekom het. En dit sal seker nou nog duurder word na die vloede in Australie. Ons is net twee monde en dit werk ons so tussen $120 - $200 per week uit vir ons kruideniersware.
Brandstof is nou baie duur ($2 per liter) en kos gemiddeld $80 - $100 per week om jou werk toe en terug te neem. Weereens, afhangende van waar jy woon en hoe ver jou werk plek van jou huis af is.
Moenie dat die kilometers jou mislei nie. Jou werk kan 20 km van jou huis wees en dit mag jou tot 'n uur neem om by jou werkplek te kom. Die verkeer is baie druk. Veral in Auckland waar ons woon. Dit sal seker nou met die rugby wereld beker nog erger word, veral naweke.
Auckland het ongelukkig nie beplan vir 'n immigrasie ontploffing na die land nie en hul paaie kry maar swaar onder die verkeers druk. Maar ... en ek kan nie anders as om dit hier te beklemtoon nie ... die paaie is in 'n baie goeie toestand en onderhoud word voortdurend gedoen.
Wat my baie beindruk is die feit dat hulle snags aan paaie werk wanneer die verkeers drukte nie so fel is nie. Dit is iets wat Suid Afrikaners nie ken nie, veral nie sedert 1994 nie. As gevolg van die verkeers drukte is die motorway patrol baie doenig om wet en orde te handhaaf en dit maak die paai in en rondom Auckland baie veilig.
Jy kan dus nou uitwerk wat jou inkomste per week moet wees om al hierdie kostes te dek.
Volgens ons is en bly dit nog als die moeite werd om deur al hierdie spanning van immigrasie te gaan vir die voorreg om in New Zealand te kan woon.
Vertel dus vir jou vriende van my blog en die geleentheid vir vrae rondom immigrasie sodat Martin dit kan beantwoord. Hy sal ook met jou kontak maak en vir jou die inligting per epos stuur indien dit van so 'n aard is dat hy dit nie hier kan beantwoord nie.
Die afgelope week was dit drukkend warm maar die weer het gedraai en sedert gister ondervind ons heerlike koel weer. Die son skyn en ek is seker dat al die Kiwies weer die naweek plan sal maak om die mooi weer te kan geniet in die mooi natuur van New Zealand.
Geniet die video van Manukau, 'n voorstand van Auckland, nie ver van ons nie
Video geneem deur Invesure Productions, 'n gevestigde besigheid met Suid Afrikaanse eienaars

Hoeveel kos dit?

Hoe is die weer vandag in Auckland?
Die afgelope week was dit drukkend warm maar die weer het gedraai en sedert gister ondervind ons heerlike koel weer. Die son skyn en ek is seker dat al die Kiwies weer die naweek plan sal maak om die mooi weer te kan geniet in die mooi natuur van New Zealand.
Geniet die video van Manukau, 'n voorstand van Auckland, nie ver van ons nie
Video geneem deur Invesure Productions, 'n gevestigde besigheid met Suid Afrikaanse eienaars
Thursday, January 6, 2011
Die skoonheid van New Zealand se Natuur
Beleef saam met ons die skoonheid van New Zealand se natuur.
Hierdie video is deur 'n maatksappy hier in New Zealand gemaak wie se eienaars Suid Afrikanes is.
Invesure Productions lewer absolute kwaliteit werk en dit is 'n voorreg om saam met hulle te kan werk.
Ons is darm al byna oor die hond se stert met ons immigrasie proses. Dit is nou net die aansoek vir Permanente Verblyf. Ons is in die wolke toe ons die 24ste Desember 2010 die aansoek vorms van Immigrasie New Zealand ontvang wat ons uit nooi om aansoek te doen.
Ons moet nou weer deur 'n proses van medies gaan en dan die wag wat nogal 'n tydjie kan duur. Van ons vriende het net voor Kersfees verneem dat hulle nou amptelike burgers van die land is en het toe sommer van die geleentheid gebruik gemaak om deur die Suid Eiland te gaan toer.
Ek sal binne kort weer artikels plaas van die ander dinge wat 'n mens moet weet tydens jou verblyf in hier in New Zealand, wat die lewe net makliker vir jou kan maak.

Subscribe to:
Posts (Atom)