
Dinge word net anders in New Zealand gedoen en dit is vir hulle baie moeilik om te verstaan dat die Suid Afrikaners alles kan doen. En daarmee bedoel ek dat ons mans werklik baie dinge kan doen. 'n Elektrisien weet hoe om ligte te ruil, stowe te bedraad, warmwaterstelle te installeer wat nog loodgieter werk ook insluit. Hier sal die loodgieter die pypwerk doen, 'n installeerder die warm water stelsel op sy plek vas sit en die elektrisien net die drade koppel. Jy moet geregistreerd wees om elke werk te doen want gebeur daar iets en mense kry seer, word die persoon in elke afdeling verantwoordelik gehou en gedagvaar vir die skade.
Moenie dink dat as 'n tafel se poot (staal pote en hout blad) breek, en dit na die werkswinkel gestuur word om herstel te word, enige persoon maar die sweis masjien kan vat en dit reg maak nie. Nee, slegs gekwalifiseerde persone mag dit doen en 'n sertifikaat uit reik vir die werk. Die nutsman sal dan weer die blad terug skroef.
Bestuurders het nie persoonlike assistente nie. Hulle is verantwoordelik daarvoor om al die administrasie werk self te doen. Tik werk, pos, bestuur van hul afdeling. Hulle kan nie glo dat dit in Suid Afrika anders is nie.
Vir ons dokters wat hierheen kom, en mangels en blinde derms uit gehaal het, is dit 'n groot skok as hulle vertel word dat hulle slegs medisyne mag voorskryf. Ons verpleeg personeel wat drips kan in sit, mag dit nie doen nie, want slegs 'n dokter mag dit doen.
In die werkplek sal jy twalf tot vyftien verskillende volke in een afdeling vind. Jy moet fyn luister en jy moet presies weet wat hulle se en bedoel. Een voorbeeld wat met my man gebeur het was dat 'n Maori hom oor Suid Afrika se misdaad uitgevra het. Hy vertel die man dat twee ouerige mans met 'n panga dood gekap is. die Maori het hom verbaas aangekyk en net sy kop geskud. "You say that they have killed two old men with a panga?"
Die man kon nie verstaan hoe jy iemand met 'n 'panga' kan dood kap nie. Hy het net sy kop geskud en my wederhelfte weer daaroor uit gevra. Hoogs ontsteld kom vertel hy my die ding en voel dat die man dink hy bak kluitjies. Drie dae later wys my man vir die man om die 'tree fern' onder skoon te maak.
"You mean the panga?"
Onmiddelik wou my man kwaad word.
"No man, the tree fern."
"Well mate, we call this a panga."
G'n wonder die arme man kon nie verstaan hoe 'n panga mense met een kap kan dood nie. En ons neem hom ook nie kwalik nie want dis taal verskille. Ons het in Suid Afrika die Yukas geken maar hier is dit 'n "cabbage tree".
'n Geyser is nie 'n warm water stelsel in jou huis wat jou aan warm water voorsien nie.
Hier is dit 'n geyser:

Kokende water wat in die lug in op spuit. Dit is as gevolg van die vulkaniese aktiwiteit onder die grond.
Kyk gerus hoe dit spuit in die volgende twee videos
Indien jy enige vrae het, plaas dit gerus in die 'comments', ek is bereid om jou so eerlik en volledig as moontlik te antwoord.
No comments:
Post a Comment