BannerFans.com

Monday, December 28, 2009

Die Gees onder ons mense

Kersfees is verby en 2010 is slegs 3 dae ver.

Ons is nou al 7 maande hier en dit voel vir my of ons langer hier is. Nog steeds geniet ek elke oomblik hier.

Ons het Kersdag saam met nuwe vriende deur gebring. Die verlange na hul eie mense is baie duidelik. My ondervinding tot dusver is dat daar 'n groter samehorigheid onder Suid Afrikaners is as wat selfs in Suid Afrika is. Dieselfde gevoel en ondervinding het ek gekry toe ek 3 jaar gelede vir ons dogters in Engeland gaan kuier het.




Dit het my verstom om te sien hoe daar soveel omgee onder hulle vir mekaar was. Dit is presies wat ek en Lourens nou hier ook beleef. Mense gaan uit hul pad om kontak met mekaar te he en te behou. Ja, dwars trekery sal 'n mens seker maar oral kry, en dis nie eg Suid Afrikaans nie, maar die binding tussen die Suid Afrikaners is werklik veblydend.

Mense gaan uit hul pad om mekaar by te staan en te ondersteun. Ons het ons meubels in Suid Afrika verkoop en die woonstel is nou te klein vir ons met al die goed wat ons ontvang het om aan die gang te kan kom en behoorlik te kan bly. Ons huur 'n gemeubileerde woonstel, maar ons goed van Suid Afrika (die los goed soos linne, kombuisware en ander persoonlike goed soos boeke, CD's, ens) het geariveer en die woonstel is werklik te klein om alles te huisves.

Ons het al soveel meubels van vriende gekry dat ons nou 'n huis moet gaan huur.

Ek wil net noem dat as jy besluit om New Zealand toe te kom, jy nie moet dink dat jy binne drie maande jou goed kan laat oor kom nie. Veral as jy nie dadelik 'n werkspermit of visa het nie. Jy gaan baie hoe belasting moet betaal as jy wel jou huisraad laat in kom. Daar is duty fees en belasting wat op hierdie goedere betaal moet word maar sodra jy jou werkspermit het, betaal jy nie belasting op goedere wat jy die eerste keer laat in kom nie.

Ek sal mense verder aanraai om van 'n agent gebruik te maak. Dit maak dinge net soveel maklikker en aangesien hulle al die ins and outs van die hele proses ken, verloop dit net vinniger. Ons doen alles self, maar gaan van 'n agent gebruik maak vir on PR (Permanent Residency)

Ek is besig om na geregistreerde agente te soek wat betroubaar is en ook besig met onderhandelinge. Vroeg in 2010 sal ek die beste van hulle hier plaas. Mense wat bewys het dat hulle betroubar is en wat deur ander al gebruik is om hulle te help. Moet asb nie sommer enige agent gebruik nie. Dit moet 'n agent wees wat by Immigration New Zealand geregistreer is. Daar is ongelukkig agente wat mense "help" tot hul eie voordeel en dit gaan jou duur te staan kom, soos wat ons ondervind het.

Beloftes van onderhoude wat op jou wag sodra jy hier is, wat jou selfd kontrak laat teken en dan trek hulle kop uit of trek net die skouers op en se dat dinge nou net nie uit gewerk het soos hulle gehoop het dit sou gebeur het nie.

Die agente wat ek hier gaan plaas, is mense wat al 'n paar jaar bewys het dat hulle immigrante se belange op die hart dra en dat hulle hul werk goed doen.


Ek plaas hierdie foto van ons oprit sodat jy kan sien dat die terrein nie baie gelyk is nie. Veral die Noth Shore. Ons woon so 1.5km van die see en stap gewoonlik daarheen. Al die pad afdraend. Die terug stap het in die begin soos 8 km gevoel. Gelukkig is ek dit nou al gewoond.

Hierdie ongelykheid vind jy ook in die Stad. Sommige plekke is dit gelyk en ander plekke lekker styl en as jy nie fiks is nie, kan ek jou verseker dat jy baie swaar gaan stap.

Maar dit bly nog steeds 'n baie mooi land en ons dan die Vader elke oggend vir die voorreg om hier te kan wees.

Monday, December 21, 2009

Ons besoek aan Rotorua



Die oomblik wat jy Rotorua binne ry, weet jy net dit is anders daar. Jy kan al op 'n afstand die stoom sien trek - lyk soos 'n vuur wat net begin. 'n Swael agtige reuk vul die lug. Maar soos jy sal sien, is dit 'n kook pot van modder.
Maar dit is nie 'n onleefbare reuk nie. Soms is dit skerp en ander tye ruik dit soos die nuwe petrol in Suid Afrika.


Hierdie modder poele of Geysers, (uit gespreek gysers) is Rotorua se besoekers aantreklikheid. Jy kan per helikopter oor die poele vlieg, of, soos ons gemaak het, op 'n afstand daarna kyk terwyl jy jou kammera in zoom.







Een van die hotelle maak gebruik van die warm water wat hier geproduseer word. Die water is 97 grade C wat deur 'n proses gaan om af te koel. Dit spaar hulle natuurlik aan elektrisiteit.


Maori art - een van die beelde wat deur 'n Maori kunstenaar uit gekerf is.






Aan die oorkant van die straat staan 'n replika van dieselfde beeld. Baie van hul totum pale laat my aan die Indiane in Amerika dink.




Country side - Dit laat my dink aan die gesang "op berge en in dale"


Op pad na Rotorua is daar plekke waar jy van die pad kan af gaan en bietjie bene rek. Jy sal ook 'n inligitings bord daar vind om jou te wys waar jy jou nou bevind.


Baie interesant is dat by elkeen van die wegdraai plekkies sal jy hierdie kappok hoedertjies sien.

Ons vermoed dat die hennetjie op eiers hier naby moes sit want hierdie haantjie het alles gedoen om ons aandag af te trek en weg te lei van waar sy moontlik mag broei





Saturday, December 19, 2009

Emmigreer na New Zealand

Ek het al verskeie kere die vraag van mense gekry wat vra: "Wat moet ons doen om na New Zealand te emmigreer?"

Daar is baie dinge wat gedoen moet word alvorens julle wil emmigreer. Doen jou navorsing eers goed. Ons is nogal mislei deur mede Suid Afrikaners omdat hulle nie reguit vir ons wou se wat ons moet doen om alles in plek te laat val nie.

Ek wil nie raad of voorligting oor die emmigrasie self hier gee nie, maar ander inligting wat baie belangrik is. Ek is nie 'n geregistreerde emmigrasie agent nie. Dus, wat se dit vir jou? Maar ek kan inligting oor ander belangrikke aspekte gee soos lewenskostes, behuising, huur, skole, kulturele verskille, wat om te verwag as jy hier kom, ens.

Soos in die meeste buitelandse lande, is behuising seker DIE belangrikste aspek van alles, en kan dit nogal duur wees. Scroll af na wat nodig is en wat van jou as huurder verwag word om jouself vertroud te maak met wat jou rol in die huur ooreenkoms.

'n Ander aspek wat mense graag wil weet is die kwessie van vervoer.

Voertuie is nie so duur soos in Suid Afrika nie en kan jy 'n baie goeie tweede handse voertuig vir tussen $800 en $5 000 te koop kry. Die lekker van alles is wanneer jy 'n lisensie moet uit neem. Daar is nie lang toue soos in Suid Afrika nie, en elke transaksie word baie vinnig af gehandel. Toe ons ons eerste voertuig gekoop het, is die hele transaksie binne 20 minute afgehandel en was alles wettig. Dieselfde met die tweede voertuig.

Hier word van 'n WOF gepraat. Dit is die "warrent of fitness" wat jy elke 6 maande gedoen moet word om toe te sien dat jou voertuig padwaardig is. Nodeloos om te se dat hier nie baie voertuie langs die motorway of ander paaie staan wat gebreek het nie. Nog minder sien jy voertuie wat bolle rook agter hulle laat. Dit is 'n baie goeie ding want mense se lewens is op die spel.

Oral sal jy AA WOF kantore sien waar die voertuie getoets word en dit maak die vloei baie beter as in Suid Afrika.

'n Mens mag ook nie sommer op die Motor Way (Snelweg) stop nie. Veral hier in Auckland. Die verkeers polisie sal by jou stop en hoor wat fout is. As jy sonder brandstof gaan staan het, word jy beboet en gehelp om van die motor way af te kom omdat jy 'n gevaar vir ander motoriste skep.

As jy verdwaal het, sal hulle jou baie vriendelik help en vir jou vra waar jy vandaan kom. Dit het met my en Lourens gebeur. Ons wou Papatoetoe gegaan het maar ons het in die rigting van die North Shore gery en ons het nie geweet watter kant toe nie. Soos ons maar altyd in Suid Afrika gedoen het, het ons af getrek waar dit vir ons veilig gelyk het en die padkaart uit getrek. Binne 'n paar minute het 'n verkeers polisie vrou by ons gestop en gevra of alles in orde is en ons het haar gese dat ons van Suid Afrika is en wil net kyk waar Papatoetoe is.

Baie vriendelik het sy ons verduidelik dat ons in die verkeerde rigting beweeg en asb by die volgende afrit moet af gaan omdat dit in New Zealand wet is dat niemand op die motor way mag stop nie.

Moet ook nie dink dat jy met enigiets weg kan kom nie. Jou voertuig se registrasie word getoets om te sien of dit jou voertuig is. Selfs tatoeer merke op jou liggaam word aan geteken. Die dame het ons welkok geheet in New Zealand en ons laat gaan met slegs 'n mondelingse waarskuwing dat ons dit in gedagte moet hou om onder geen omstandighede op die motor way te stop nie, behalwe as jou voertuig onklaar geraak het om een of ander onvoorsiene rede.

Hulle sal 'n wegsleep voertuig vir jou bestel en toesien dat jou voertuig verwyder word en dat jy hulp kry om jou huistoe te neem. Jy is natuurlik vir die betaling van die wegsleep voertuig verantwoordelik. Hier is 'n program op TV wat jou inlig oor al die moets en moenies rondom dinge wat nie toelaatbaar is op die motor way nie. Ons vind dit baie interesant en kyk gereeld daarna. Hulle wys werklike gevalle en noem dan wat die oorsaak van die oponthoud was en of die persoon beboet is of nie. So leer immigrante baie vinnig wat hulle moet doen en nie mag nie.