Dit kan 'n nagmerrie word veral as jou fondse nie sterk is nie. Immigrasie neem hul tyd en jy moet maar net wag, en 'n mens moet hulle ook nie druk nie. Jy moet werklik Job se geduld met hulle he.
My man het sy Level 1,2 en 3 vir elektries moes doen, wat op die ou end blyk onnodig te gewees het net as gevolg van "Afrika tyd". Dit is werklik baie hartseer dat Suid Afrika so verval het en dat 'n mens net nie diens uit enige departement van watter organisasie ook al kry nie. As gevolg van hierdie sloerdery, het dit ons 'n hele paar duisend dollars onnodig uit die sak gejaag, maar hy het dit met lof geslaag en is nou 'n NZQA geregistreerde elektrisien wat onbeperk is. Weet net dat jy hierdie toetse baie ernstig moet op neem. Hier is 'n hele paar Suid Afrikaanse mans wat dink hulle "weet" en dan tot die besef kom dat dit nie werklik so maklik is nie. Sommige van hulle sukkel al reeds 2 jaar om dit te kan slaag. Gelukkig het hulle werk, en dit mag dalk die probleem wees dat hulle 'gemaklik' voel en dink dat hulle maar die volgende sessie weer kan doen. Hierdie toetse kan net 2x per jaar geskryf word. Julie en dan November.
Wat het in tussen met ons gebeur?
Die eerste werkgewer is bankrot en dit het beteken dat my man nie vir iemand anders mag gaan werk het nie. Dit was baie frustrerend en kommer wekkend, wat die fondse het min begin raak. SA Rand kan ook net so ver gaan. Toe ons oor gekom het was NZ$1 gelyk staande aan R5.78.
Ons het werklik ons New Zealand Immigrasie met geloof aan gepak en die Here het vir ons gesorg. Nadat my man sy registrasie ontvang het (8 Maande na ons hier geland het) kon hy weer aansoek doen vir 'n ander werk en het 'n baie goeie pos gekry. Dit het 'n volgende uitdaging aan ons gestel.
Hy mag nog steeds nie werk nie, nie voordat die eerste permit om geswaai is na die nuwe werkgewer nie. Ek noem hierdie dinge sodat die persone wat dieselfde moontlik moet doen, nie moedeloos raak nie. Dit is nog alles die moeite werd om hierdie pad te stap. Om 'n permit te swaai kos minder as die oorspronklike permit en dit neem 'n maksimum van 42 dae.
Ek het sedert September 2009 tot Februarie 2010 vir my permit gewag.
Wanneer jy besluit om New Zealand toe te kom, moet jy weet dat dit 'n lang wag vir jou kan wees. Sommige mense is gelukkig en kom baie gou reg.
Paar punte om in gedagte te hou en te doen voor jy oor kom.
1-> Sorg dat jy al jou dokumente reg het soos skool sertifikate en ander.
2-> Genoeg verwysings briewe het wat kan bevestig wat jy gedoen het, selfs die ure wat jy gewerk het.
3-> Jou Polisie klaring nie ouer is as 'n maand voor jy vlieg nie.
4-> Onverkorte geboorte sertifikate reg is en as dit nie is kan jy dit hier teen 'n prys laat doen. Baie mense doen dit hier en dit werk vinniger as om dit in Suid Afrika te doen.
5-> Stuur jou dokumente vooruit, doen vroegtydig aansoek by EWRB vir verifieering as jy 'n ambagsman is.
6-> Sorg dat jy genoeg fondse het om jou en jou familie vir die eerste jaar te kan dra. Ek noem spesifiek vir 'n jaar, want jy weet nie hoe dinge hier vir julle mag verloop nie en jy kan baie gou in kookwater beland as dinge langer uit rek as wat jy gehoop het. Afhangende van hoeveel mense julle is wanneer julle oor kom, gaan jy om en by $350 - $450+ per week nodig he vir behuising. $160+ per maand vir krag, $180 - $280 per week vir kos (alles in gesluit), $50 'n week vir brandstof en as jy 'n foon en internet wil laat installeer gaan dit jou om en $120 per maand kos.
Join Me at Joini5
Wednesday, February 17, 2010
Subscribe to:
Posts (Atom)